1. ---
  2. In the recent past web- and Facebook pages oriented towards South African content and discussions have been inundated with racist comments of the most extreme nature. Comments comparing black people to animals and worse have been spat out in public forums with impunity.
  3. Our country is built upon a deeply divided past and no sane person can ever claim that it is in the interest of anyone in this country to allow this kind of dehumanising comments to slip by the wayside without any responsibility taken by the racists who spew these comments in public forums.
  4. Whilst we strongly believe in the right of all individuals to freedom of speech no matter how heinous the content, we also believe that this Freedom of Speech comes with a huge responsibility. Statements are not made in a vacuum and as such part of exercising this right is taking into consideration what the effect of these statements would be not only the commentator personally but to the society at large
  5. Most of these racist commentators also either profess to be proud of their racist views or seem to be proud of it. In my experience such pride only lasts until they have to look a person of another race in the eye and make those statements face to face without the support of a group of lackeys.
  6. This group will be dedicated to exposing these racists and holding them accountable for their statements.
  7.  
  8. ---
  9.  
  10. Johan Pienaar
  11. Vriend/Kennis
  12. Gistermiddag het Afriforum aangekondig (http://www.afriforum.co.za/onswasdaar/) dat hulle op 28 Februarie na die Uniegeboue in Pretoria gaan marsjeer om te protesteer teen wat hulle tipeer as die eensydige oorvertelling van Suid-Afrika se geskiedenis.
  13. Ek dink dat hierdie niks meer is as ‘n goedkoop publisiteits foefie van Afriforum is, wat rampspoedige gevolge kan hê vir die beeld van Afrikaners en rasseverhoudings in Suid-Afrika nie. As Afrikaner het ek my besware in die brief hieronder uiteengesit. Ek wil jou nooi om jou naam te voeg by myne in protes teen die beoogde aksie. Ek dink dis belangrik ook in die lig van Pieter Mulder se onlangse ondeurdagte uitsprake oor die geskiedenis, dit duidelik gemaak word dat nie alle Afrikaners met hulle saamstem nie.
  14. As jy saamstem en die brief wil onderteken stuur net ‘n epos aan ekprotesteer@gmail.com en ek sal jou naam byvoeg. As jy weet van ander mense wat hiermee sal saamstem stuur asb. die brief aan hulle ook.
  15. Dankie byvoorbaat,
  16. Johan
  17. AfriForum beoog om op Saterdag 28 Februarie 2012 na die Uniegebou te marsjeer om, soos hulle dit stel, “te protesteer teen Mnr. Jacob Zuma se interpretasievan die geskiedenis”. Ons, die ondergetekendes, maak ten sterkste beswaar teen die voorgenome aksie op die volgende gronde:
  18. 1. In die teks op die webwerf en die gepaardgaande lokprent word die woord “ons”liberaal gebruik en binne die konteks is dit duidelik dat die “ons” na Afrikaners verwys.
  19. AfriForum het geen reg om namens die Afrikaner te praat nie. Hulle het geen reg om namens my of die anderondergetekendes enige verklarings te maak of aksie te neem nie. AfriForum praatnie namens ons of eers namens die meerderheid Afrikaners nie.
  20. AfriForum se lede het nog nooitaan enige verkiesing deelgeneem waarin hulle hul steun gemeet het nie en dis oneerlik van mnre. Dirk Herman en Kallie Kriel om voortdurend voor te gee dat hulle die stem van die Afrikaner is.
  21. 2. Hoewel ons (die ondergetekendes) saamstem dat ditbelangrik is om die geskiedenis in heroënskou te neem, vind ons AfriForum seaanslag onopreg. Om ? enkele insident – die slag van Cuito Cuanavale uit te sonder en dan binne ? armoedige konteks aan te bied en dit weer te gee as ? aanslag op die geskiedenis is goedkoop politieke manipulasie.
  22. Die slag kan op verskeie maniere geïnterpreteer word. Die welslae daarvan kan gemeet word in terme van lyke en grondgebied, wat blykbaar die aanslag is wat AfriForum voorstel. In die alternatief kan ? mens die slag meet in terme van sy invloed op die onwettige teenwoordigheid van magte van die apartheidsregering in Angola. Die slag van Cuito Cuanavale was ? keerpunt in die grensoorlog en verteenwoordig die punt waar die ontrekking van die Suid-Afrikaanse magte uit Angola en Suidwes-Afrika onafwendbaar geword het. Ons is van mening dat die geskiedenis van die veldslag aangeteken moet word nie net binne diemikro-konteks wat AfriForum voorstaan nie, maar ook binne die makro-konteks. Miskien was beide kante wenners, miskien was beide kante verloorders.
  23. 3. Ons vind dit ook oneerlik van AfriForum om voor te geedat die Afrikaners se voorouers as bose lafaards deur mnr. Jacob Zuma uitgebeeld is. Dis ? oneerlike interpretasie van hul eie aanhaling van mnr.Zuma se woorde. AfriForum ignoreer gerieflik die insidente in die geskiedenis waar die Afrikaner wel bose lafaards was. Om maar net twee te noem: Die moord op Steve Biko en die gebeure rondom Vlakplaas. Die beplande optog is ? gemene poging tot vuilspel wat slegs ontwerp is om verdeeldheid te skep en is ? disinformasie-veldtog waarop diegene wat destyds die mite van die Rooi Gevaar as manipulasie-tegniek ingespan het, trots sou wees.
  24. 4. AfriForum impliseer ook dat dieAfrikaner se weergawe van die geskiedenis die korrekte weergawe is. Die stelling slaan mens se asem weg. Nerens in die veldtog is daar ? erkenning dat die apartheidsweergawe van die geskiedenis wat hulle voorstaan ook nie die korrekte weergawe is nie. Iewers in die publisiteitsvideo, maak ‘n kelner sonder ‘n tikkie ironie die stelling dat wenners die geskiedenis skryf. Dit sou goed wees asAfriForum hulle raad aan Zuma ook op hulself van toepassing maak.
  25. 5. Ons vind die beoogde optog asook dievoortdurende pogings van AfriForum om die Afrikaner se probleme aan te bied as probleme wat óf verhewe óf geheel en al geïsoleer is van alle probleme wat allelandsburgers ervaar, onaanvaarbaar. Ons vind dit eweneens vreemd dat hullesteeds in 2012 praat van ? Afrikaner-geskiedenis in ? land waar daar reeds vir minstens 150 jaar nie ? Afrikaner geskiedenis bestaan het nie. Daar is ? gesamentlike geskiedenis waarin Afrikaners by tye ? meer en minder belangrike rol gespeelhet, maar om te dink dat ons die geskiedenis van die Afrikaner kan vertel in ? geïsoleerdekonteks is nie net dom nie, dis intellektueel oneerlik.
  26. 6. Sommige van die ondergetekendes het ook, soos van die mense in julle video, in die SAW gedien. Ons vind dit onaanvaarbaar dat AfriForum die nagedagtenis van die mense wat in daardie uniform gesterf het, onteer deur ? akteur in die uniform te plaas en dan te maak asof hy naby die geskiedkundige gebeure was en nou namens die soldate praat.
  27. 7. AfriForum is korrek as hulle sê die geskiedenis skep identiteit. As hulle egter die apartheidsgeskiedenis as grondslag wil gebruik en sodoende aan Afrikaners ? apartheidsidentiteit wil toeken, maak ons ten sterkste hierteen beswaar.
  28. AfriForum is nie die bewaarders van die Afrikaner se identiteit nie. Die Afrikaner se identiteit is veel meer as die identiteit wat AfriForum en Julius Malema gesamentlik en eensydig aan ons probeer toeken.
  29. In die lig van die bogenoemde doen ons ? beroep op AfriForum om dadelik diebeplande optog wat op oneerlikheid dui en groot skade kan aanrig, te staak. Onsmoedig alle Suid-Afrikaners aan om saam te gesels oor ons geskiedenis en nienet die een wat in 1652 begin het nie.
  30. Ons dring daarop aan dat AfriForum dadelik ophou om namens Afrikaners tepraat en veral dat hulle ophou om namens Afrikaners aksie te neem.
  31. ---